
Daar is ‘n kaal vrou op my bed
My selfoon lui in die studeerkamer. Ek stap by die badkamer uit. My baas. Dr. Kruger. Doktor. Hy het ‘n doktorsgraad in filosofie, maar hy is die hoof van die IT maatskappy. Ek is kaal. Ek tel die foon op en antwoord.
“Gerrie, luister, ek soek die finansiële state so gou as moontlik,” blaf hy kortaf.
“Ja, Doktor, ek het nog so uur nodig.”
Ek het nie regtig nog ‘n uur nodig nie. Daar is ‘n kaal vrou in die slaapkamer op my bed. Met haar het ek ook nie ‘n uur nodig nie, dalk net so tien minute. Sy is hier by my vir ‘n vinnige enetjie.
“Jy moet opskud! Lees jou e-pos nou dadelik!” en hy druk die foon in my oor dood. Ek gooi my selfoon op die lessenaar neer. Magriet is in die slaapkamer. Magriet is kaal. Magriet met haar mooi borste en wipgatjie. Magriet is reeds nat tussen haar bene. Ek weet, want voordat ek badkamer toe gegaan het, het ek en Magriet mekaar se klere uitgetrek en ek het aan haar gevat tussen haar bene. Glad geskeer. Slymerig nat. Gereed om my in haar te ontvang.
Ek ontsluit die skerm van my skootrekenaar en gaan deur my e-posse. Die IT firma wil ‘n dertig persent aandeel verkoop aan ‘n firma in Londen. Ek sal die finansiële state netnou deurstuur. Ek gaan nou eers Magriet se kaal lyf verken. Haar borste soen, haar stywe tepels met die punt van my tong liefkoos en dan die heerlike natheid tussen haar bene geniet.
Die dekselse foon lui weer. Dit is weer my baas. Ek kyk vies na die skerm. Vir wat bel hy nou weer? Magriet is kaal op die bed en ek wil my tong deur haar spleet trek, oor haar roosknoppie, tot by haar ingang voordat ek haar penetreer.
“Gerrie,” antwoord ek die simpel oproep.
“Luister, jy moet nou dadelik vir my laat weet hoeveel kontant het ons beskikbaar. Ek hou sommer aan.”
“Reg,” sê ek en maak die bank se webtuiste oop. Kliek op Login. Ek voer die besonderherde in.
Die webwerf vat tyd om oop te maak. Eintlik maak dit glad nie oop nie. In die slaapkamer is Magriet met haar bene oop. Wyd oop. Dit is hoe sy gelê het toe ek badkamer toe gegaan het.
“Wat is die balans, Gerrie?”
“Dokter, ek wag nog vir die webwerf om oop te maak.”
“Nou maar maak gou, dêmmit!”
Magriet kan nie die hele tyd daar op my bed wag nie. Sy moet terug werk toe gaan.
Nou is daar ‘n boodskap dat die webwerf te lank gevat het om te reageer en ek moet van vooraf aanteken. Verdomp! As ek nie vir Magriet gaan steek nie, sal ek moet wag tot sy weer ‘n kans kry om vir my te kom kuier.
“Ek sal weer moet aanteken. Dalk moet ek later probeer, oor so tien minute,” sê ek vir my baas.
Dan kan ek en Magriet gou klaarkry. Diep in haar insink, so diep soos wat ek kan, en vinnig woeps-waps, klaar.
“Gerrie! Teken aan!”
Ek tik die besonderhede weer in. Die bladsy maak byna oombliklik oop. Goed so, nou kan ek klaarkry en dan slaapkamer toe gaan. Dit is nou indien Magriet ooit nog kaal vir my wag daar en nie op hierdie oomblik besig is om aan te trek nie. Ek kyk op, in die gang af. Darem geen teken van haar nie. Sy kan enige oomblik nou uit die slaapkamer kom en vir my koebaai waai.
“Ek is in, Doktor.”
“Nou laai sommer die bankstaat af en stuur dit nou dadelik vir my.”
“Ek sal nou.”
“Maak gou, ek hou aan. Opskud, Gerrie, opskud!”
Ek en Magriet het nie baie tyd nie. Ons albei is besig. Dit kos fyn beplanning om ‘n tydjie saam te hê.
Skielik is die studeerkamer se daklig af. Ek vloek gedemp. “Fok!” Beurtkrag. Nou is daar ‘n boodskap op die skerm dat daar nie ‘n internetverbinding is nie. Ek het ‘n omsetter en lithiumbatterye. Hier by my is alles reg. Iewers is die batterye wat die veselverbinding aan die gang hou tydens beurtkrag seker gesteel.
“Gerrie!”
“Ja, Doktor. Ek is nog hier. Beurtkrag. Nou is die internet af. Ek sal nou aan my foon se internet koppel.”
“Maak gou! Stuur die bankstaat!”
Magriet het ‘n lieflike lyf. Lenig, maar vroulik. Sy het haar borste laat doen, maar hulle voel heel natuurlik. Lang natuurlike blonde hare en smeulende bruin oë. Lippe wat my kan betower.
Ek stel die hotspot op my foon op en skakel met die skootrekenaar aan my foon. Foktog! Nou moet ek weer by die bank aanteken.
“Dokter, ek teken net gou weer by die bank aan.”
“Gerrie!”
Ek laai die bankstaat af. “Ek stuur dit nou, Doktor.”
Ek heg die bankstaat aan en stuur dit.
“Het u dit gekry?”
“Ja…” en hy druk die foon dood.
Ek wag nie langer nie. Ek is heeltemal slap tussen my bene, maar ek haas my na die kamer toe.
Sy is nog op die bed. Op haar rug. Haar bene is nie meer oop nie. Ek kyk na die skoonheid van haar kaal lyf.
“Klaar op die foon?” vra sy snipperig.
“Ja, jammer. Gaan ons nog…?”
“Ons sal moet gou maak,” sê sy, buig haar knieë en maak haar bene wyd oop. Ek is weer stokstyf en flippen jags verby. Tussen haar bene blom sy begeerlik oop vir my.
Ek klim op die bed en gaan met my kop tussen haar bene. Haar intieme reuk maak dat die vuur witwarm brand binne in my. Ek soen haar ferm, gladde binnedye om die beurt en dan plant ek my lippe reg in haar mik, op haar ontblote skaamlippe.
Ek steek my tong uit. Ek proe haar natheid. Ek trek my tong deur haar spleet, voel die styfheid van haar roosknoppie. ‘n Snik van haar af. Ek lek haar onder toe, druk my tong in haar vlesige opening in. Sy is druppend nat. Ek lek weer rondom en dan heen-en-weer oor haar klit.
“M…maak gou!” bewe haar stem.
Ek gaan lê met my onderlyf tussen haar bene. Sy soen my. Sy lek haar natheid met die honger punt van haar tong van my lippe af.
Ek gaan stadig in haar in. Haar vlees ontvang my. Dieper in haar in. Haar kaal lyf beweeg onder my.
Ek wikkel my heupe. Vinniger. Vinnig en diep en ek hou glad nie terug nie.
Die dekselse foon lui weer.
“Ignoreer dit!” hyg sy en sit haar hande op my kaal boude. Sy trek my diep in haar in. Sy maak haar rug hol en stoot haar bolyf uit, bied haar kaal borste vir my lippe aan. Ek beweeg baie diep in haar, en soen haar tepels.
Sy snik en hyg en snik en hyg.
Ek gaan nie meer lank hou nie. My foon is nou stil en ek voel ek gaan in haar kom. Die foon begin weer te lui.
Sy skree-hyg.
Ek kan nie langer hou nie. Ek stamp in haar in en ek klop in haar, stort my kom diep binne in haar in.
Ek voel hoe haar naels hard en brandend oor my ontblote rug trek. Ek beweeg nog in haar en dan hyg sy baie hard en diep. Sy kom. Ek voel hoe haar binnewande om my saamtrek soos wat sy kom.
Nog ‘n laaste sametrekking en ‘n skoot kom in haar in. In Magriet in. In doktor Kruger se vrou in.
Ek trek uit en staan op. Sy talm nie langer nie. Sy hou haar hand tussen haar bene en drafstap badkamer toe om die kom te gaan afvee.
My foon lui weer. Met ‘n dun draadjie kom wat van die punt af drup, loop ek studeerkamer toe en antwoord.
“Gerrie, die staat het ‘n verdomde password!”
“Jammer, Doktor, ek stuur dit nou.”
“Maak gou!” en hy lui af.
Ek het gou gemaak. Magriet ook. Sy trek haar rok reg, blaas vir my ‘n soen en loop haastig by die voordeur uit.
Ek hoop sy kom binnekort weer.