
Die jagse buurvrou
Ek voel grootmeneer, maar daar is tog ook onsekerheid in my. Ek is negentien jaar oud en ek bly in ‘n meenthuis. Nee, ek is nie ‘n suksesvolle sakeman of het ryk ouers of is ‘n skatryk influencer met derduisende volgelinge op sosiale media nie. Die meenthuis behoort aan Ouma en die binnekant kort ‘n nuwe laag verf en die matte moet uit en die vloere geteël word. Nuwe kombuiskaste. Nuwe plafonne.
Sowat ‘n jaar gelede het Ouma na ‘n aftreeoord toe verhuis en die meenthuis was in die mark, maar met die rentekoerse wat bly styg en die binnekant wat opgeknap moet word, het niemand belanggestel om dit te koop nie.
Ten spyte van my vier onderskeidings in matriek, kon ek nie ‘n beurs kry nie en toe skryf ek maar in by ‘n universiteit wat afstandonderrig gee. Handboeke, studiegidse, studiebriewe, en werkopdragte. Dit voel nie eers asof ek ‘n student is nie. Geen studentepret nie. Geen studentemeisies nie. Geen klasse nie. Ek weet nie eers hoe die dosente en professors lyk nie. Whatsapp-groepe om met my medestudente te kommunikeer. Een of ander sukkelende sisteem met aanlyn-eksamens wat mens net nagmerries gee.
Ek moet ophou kla, al voel ek soms vreeslik alleen. Ek bly op my eie. Ek het nie ‘n motor nie, maar die kompleks is naby aan ‘n winkelsentrum. Loopafstand. Ek sit darem nie heeldag rond en doen niks nie. Pa is ‘n nutsman en ek het baie by hom geleer. Dit is my taak om die meenthuis op te knap. Ek verdien daarby nog ‘n billike loon ook. Ouma betaal.
Die kompleks kon maar netsowel ‘n ouetehuis gewees het. Ek skat almal wat hier woon is ouer as vyftig. Die eenheid waarin ek bly is op die hoek, en die eenheid langs my behoort glo ‘n vrou wat tans oorsee is.
Eenheid nommer 1. Ek vermy deesdae die voortuin, want die eenheid is die naaste aan die hoofhek en wanneer besoekers of werkers opdaag roep hulle vir my of hulle toet om vir hulle oop te maak want die interkom is stukkend.
Dertig eenhede in totaal. Vyf trustees. Twee bejaarde mans en dan drie vroue wat seker op Noag se Ark verstekelinge was. Die eerste naweek nadat ek ingetrek het, het ek ‘n braai gehou saam met ‘n paar vriende en musiek gespeel. Ek kry toe ‘n aanmaningsbrief. Lawaai, harde musiek, ‘n motor wat op die grasperk parkeer het, en iemand het kliphard gevloek. Ek weet van die vloekwoord. Dit was Jorrie. Hy het sy bierglas omgestamp en toe kliphard “Ag, poes!” gesê. Ons almal was onder die prop. Ouma het ook die brief gekry en sy spreek my toe aan en geen partytjies meer nie.
Ek sug. Saterdag. Maandag skryf ek eksamen, maar my kop is suf geleer. Die kompleks het ‘n swembad, agter in die hoek. Ek staan op, maak my boeke toe en in die kamer trek ek my kortbroek uit en my swembroek aan.
Handdoek om die nek stap ek na die swembad toe. Dit is al amper tienuur, maar die kompleks is nog stil. Iemand maak ontbyt. Ek ruik spek en gebraaide eiers.
Ek nader die heining van die swembad en die eerste ding wat ek sien is… boude. Iemand, ‘n vrou, staan langs die swembad met haar rug na my toe. Mooi boude. Sexy boude. Ronde sonbruin ontblote boude. Dit lyk asof sy ‘n rooi eenstuk aan het, maar agter is daar net ‘n dun verskoning van ‘n stringetjie wat tussen haar boude deur trek. Lieflike slanke bene. Lang rooi hare wat met sagte golwe oor haar skouers val. Haar boude…
“Fok,” vloek ek gedemp, want ek loop en kyk vir haar boude en toe val ek amper oor ‘n jong roosboompie. Ek het half in ‘n blombedding in geloop.
Dit is te laat om om te draai en te verdwyn. Sy kyk vir my. Lieflike, vriendelike gesig. Pragtige groen oë. Sy glimlag, dan draai sy weg en duik sierlik in die water in.
Ek maak die hekkie oop. Langs die swembad gooi ek my handdoek op die plaveisel neer, skop my plakkies uit en trek my hemp uit. Sy swem goed. Ek kyk hoe die water oor haar kurwes vloei. Haar nat boude wat soos twee bakens in die water my roep.
Hoekom het ek nou ‘n ding oor boude? Ek was nog altyd eerder ‘n ou vir borste. Ek beter in die swembad spring. Daar is ‘n ongemaklikheid in my broek soos wat my piel vinnig besig is om wakker te word. Dit is asof die nat vrou met die rooi hare en ronde boude ‘n seksuele energie uitstraal.
Ek spring in en die koel water prikkel my vel, skok my helder wakker en ek proes toe my kop weer bokant die water is. Ek vee die water uit my oë. Sy sit op die rand van die swembad met haar voete in die water en sy kyk vir my. Haar bene is toe. Bolangs laat die eenstuk nie veel aan die verbeelding oor nie. Groot, volronde borste wat amper tot by hulle tepels sigbaar is.
“Hallo!” groet sy vrolik.
Ek mompel iets en swem dan onder die water weg. Ek kom weer op, skep asem, en kyk nie vir haar nie. Ek gaan eerder uitklim en dan verder studeer.
Aan die diepkant druk ek myself op teen die rand om uit te klim.
Lieflike sonbruin bene. Sy staan reg voor my. Ek kan nie anders nie. Vir ‘n oomblik kyk ek reg in haar mik vas. Die spleet tussen haar bene vorm ‘n duidelike strepie in die rooi materiaal. Ek klim uit, gly en val amper agteroor terug in die swembad in, maar wonder bo wonder kry ek my balans en staan regop.
Sy glimlag. Sensuele lippe. Fyn lagplooitjies by die hoeke van haar oë. Ek kyk net vir haar gesig, al wil my oë net vinnig na haar borste daal. Ek weet as ek nou vir haar bolyf kyk, ek ‘n horing net hier gaan kry. “Ek het jou nog nie hier gesien nie,” sê sy. “Ek is Marinda.”
“Haai, ek is Hugo. Broodryk. Ek bly nou al omtrent ‘n jaar hier. In my ouma se eenheid. Nommer een.”
“Aangenaam om jou te ontmoet, Hugo,” sê sy en haar stem klink strelend. “Ek was oorsee. VAE. Verpleegster.”
Verpleegster? Sy lyk meer soos ‘n wulpse jonglatkat. Hoe oud is sy? Dalk dertig. Definitief meer as ‘n dekade ouer as ek. Sy is egter witwarm sexy. Ek het nie beheer oor my oë nie. Haar tepels maak punte in die nat rooi materiaal wat styf oor haar borste span.
“Ek… ek studeer.”
“So jy is my buurman. Jou ouma is ‘n gawe dame. Hoe gaan dit met haar?”
“Goed. Dit gaan goed, maar sy is nou in ‘n aftreeoord.”
“Wel, jongman, baie welkom,” sê sy en stap na die afdak toe. ‘n Pienk handdoek hang oor een van die plastiekstoele se rugleuning. Die swaai van haar heupe maak wilde jagse dinge in my wakker. Sy vee met die handdoek oor haar gesig en draai dit dan om haar heupe.
Ek gaan kry my handdoek en skop my voete in my plakkies in. My gesig voel warm en ek dink my ore is aan die brand.
“Volgende naweek is die kompleks se jaarlikse braai hier by die swembad. Ek hoop ek sien jou hier?” sê sy.
“Braai? Ja, dit sal lekker wees.” Sy bly langs my. Ek weet nie of ek saam met haar moet huiswaarts stap nie. Ek wil, maar ek wil ook nie. Netnou dink sy ek is voorbarig.
“Lekker swem,” groet sy en maak die hekkie oop. Sy gaan uit. Die hekkie swaai toe. Sy stap weg en haar boude wikkel sexy onder die handdoek.
***
Ek haar nie weer gesien die naweek nie. Marinda. Maandag het ek die omsendbrief oor die kompleks se jaarlikse braai gekry. Eie vleis, drinkgoed en eetgoed. Almal wat die braai wil bywoon, moet R300 betaal. Houtskool of hout sal verskaf word.
Iemand het die omsendbrief in my posbus gegooi. Die brief was netjies getik en toe uitgedruk, maar onderaan die brief het iemand in groot met die hand geskryf, “GEEN ALKOHOL,” met ‘n rooi pen.
Deur die week het ek haar ook nie weer gesien nie. Ek het egter gehoor daar bly iemand langsaan. Sagte musiek vroeg in die aande. Ek kon ook ruik wanneer sy kosmaak. Heerlik. Ek leef van toebroodjies en rooiworsies en noedels en appels.
Dit is Saterdagmiddag. Die braai begin om 3 uur. In ‘n plastieksak het ek ‘n pakkie lamstjops wat Ma vir my gegee het, ‘n pak boerewors, en ‘n braaibroodjie wat ek voorberei het, reg om net op die rooster te gaan. ‘n Bottel koeldrank en ses biere.
Ek gaan my nie laat boelie nie. Ek het ‘n baie sterk vermoede die GEEN ALKOHOL nie is net op my omsendbrief geskryf oor die partytjie en harde musiek toe ek ingetrek het en Jorrie wat poes gesê het. Wie het die reg vir die trustees gegee om sommer ‘n inperking in te stel? Dit is lankal nie meer 2020 nie.
Ek kry my goed en sluit die voordeur. Soos gewoonlik, is die kompleks stil. Ek het geen idee hoeveel inwoners die R300 betaal het en gaan opdaag nie. Ek moes dit eerder maar gelos het. Ek het kak gekry omdat ek by die huis gebraai het, maar ek moet R300 betaal om by die swembad te gaan braai.
“Hugo! Wag vir my!” hoor ek haar roep. Ek herken haar stem en weet dadelik dit is sy. Ek kyk om. Marina is geklee in ‘n ligblou moulose rokkie. Haar lang rooi hare blink in die middagson. In haar hand swaai ‘n beige sak.
“Hallo!” groet ek toe sy langs my inval, en skielik weet ek nie wat om te sê nie. Sy ruik verruklik. Sy ruik soos lente gemeng met iets eksoties sensueel. Ek loer vinnig na haar toe. Haar groot volronde borste wikkel onder die rokkie soos wat sy stap.
“Laat ek jou sak dra,” sê ek.
“Nog ‘n jintelman ook,” sê sy en lag. Sy gee die sak vir my aan. Jintelman? Watter woord is dit? Dink sy dit is 1960?
“Mag ons bier vat?” vra ek vinnig.
“Ek en jy mag nie. Die ander mag,” sê sy geheimsinnig.
Ek kyk fronsend na haar. “Ek en jy? Wat? Hoekom nie?”
Sy glimlag stout. Haar oë vonkel. Haar rooi aanloklike lippe trek my aandag. “Jy sal later uitvind. As jy wil.”
Ons is by die swembad se heining. Dit lyk vir my ons is eerste hier. Ek maak die knip van hekkie los, swaai dit oop en sy stap deur.
Ek sit ons sakke onder die afdak neer en trek vir haar ‘n stoel uit. “Wel, ek weet nie wat aangaan nie, maar ek het bier gebring en ek gaan nou een drink,” sê ek.
“Wag!” keer sy vinning. Sy kom staan voor my. Naby aan my. Ek voel hoe streel haar asem oor my lippe en wange. Haar borste agter haar rokkie raak net-net aan my. Haar onderlyf druk teen myne.
“Ek drink nie. Nie meer nie,” fluister sy. “As jy wil, kan ons later pret hê. Nugtere stoute pret.”
Ek voel die brandende begeerte van haar lippe op myne. Iets is aan die brand binne-in my. Die punt van haar tong speel ligweg, honger en vinnig oor my lippe.
Sy gee vir my ‘n speelse klap op die boude dan staan sy skielik terug. Sy buk voor my. Haar rokkie is regtig vreeslik kort en dit het nog ver opgeskuif ook. Ek sien die voutjies van haar boude en dan val my mond oop. Daar tussen die egalige wit vel van haar dye en boude loer haar naakte harige skaamspleet vir my. Sy het nie ‘n pantie aan nie.
Sy gee vir my ‘n blikkie koeldrank aan. Ek neem dit by haar met ‘n bewende hand. Haar groen oë vonkel ondeund. “Daar kom mense aan en ek dink jy moet eerder sit,” fluister sy vir my en knik in die rigting van my onderlyf.
Ek val omtrent op die stoel neer. Ek is stokstyf en my horing maak ‘n yslike tent in my kortbroek. Dit is nie net haar spleet wat ek gesien het nie. Diep in die gleuf tussen haar groot ronde boude kon ek ook die donkereder gedeelte van haar anus sien. Ek het nog nooit ‘n vrou in lewende lywe so gesien nie. Ek het nog net kaal vroue op die internet gesien.
Marinda… ek ken haar nie en sy nie vir my nie. Haar vlugtige soen het die vuur van lus hoog laat vlam. Is dit… wat is dit? Wil sy…? Is sy jags? Is dit hoe slenterseks begin? Fok weet, ek hoop dit is wat sy wil hê. Seks.
“Ek praat met jou, mannetjie,” ruk ‘n streng stem my terug na die werklikheid toe.
“Huh?” mompel ek. Oom Jaap staan voor my. Die voorsitter.
“Staan op as mense jou groet, verdomp!”
“Ja, jammer, Oom.” My sak met die vleis en bier is langs my. Ek tel dit op en hou dit voor my. My horing is gelukkig besig om vinnig te sak. Marinda staan ‘n ent weg skuins agter Oom Jaap en dit lyk asof sy sukkel om nie uit te bars van die lag nie. “Wil Oom ‘n bier hê?” bied ek aan.
“Nee dankie. Ek drink whisky,” mor Oom Jaap en dan loop hy om die tafel en trek ‘n stoel uit. “Bier is vir studente,” sê hy en plak ‘n vol bottel whisky, 12 jaar, op die tafel neer. “Wat is jou naam nou weer? Herman?”
“Hugo,” sê ek en gaan sit weer.
“Nou maak jouself handig en gaan kyk agterop my bakkie is sakke hout dan kry jy die vuur aan die gang.”
“Waar is Oom se bakkie?”
“Is daar fout met jou? Die wit bakkie. Die Hilux. Ek hoop nie jy het gedink die Chinese onding wat hier rond staan is myne nie?”
“Nee, nee, Oom.”
Hy gooi die sleutels oor die tafel na my toe.
“Ek sal vir hom aan wys watter bakkie,” sê Marinda en val langs my in. Ek weet sommer my gesig is bloedrooi en ek hoor hoe sy hik soos wat sy haar lag probeer inhou. “Jy moet jou nie aan hom steur nie. Die trustees dink maar hulle is gode en godinne en dan is hy nog die voorsitter ook,” proeslag sy.
Nog mense kom aangestap. ‘n Gesette vrou met ‘n wit rok waarop gekleurde blomme gedruk is, roep vir Marinda. Sy wys vir my waar die bakkie staan en dan gaan groet sy die vrou.
Ek kry die hout en sukkel ‘n vlammetjie aan die gang met ‘n ou koerant wat ook in die bakkie was, op die agterste sitplek.
Daar onder die afdak is nou al baie mense. Ek is lus vir ‘n bier, maar sy moes geweet het ek kan alles sien toe sy so onbeskaamd voor my gebuk het.
Sy sit en lag en gesels langs die vrou met die geblomde rok. Ek hoor haar stem. Ek loer vir haar. Sy kyk vir my, knipoog, en dan gesels sy verder. Sy vee haar hare met haar hand agtertoe.
Ek besef skielik waarmee sy ook al besig is, moes sy lank terug begin beplan het. Dalk toe ons die eerste keer hier by die swembad ontmoet het. Ek het immers die omsendbrief Maandag al gekry.
Is sy nie dalk net besig om my te terg nie, ‘n poets te bak nie? Hoekom dan buk dat ek haar kaal boude en alles kon sien?
Ek moet eerder aan iets anders dink. Hier waar ek die hout aan die brand probeer kry is nie die plek om ‘n horing te kry nie.
Eksamenuitslae. Daar is nog werkopdragte wat se uitslae uitstaande is. Ek hoop net ek kom al my vakke goed deur, en dat die tweede semester van my eerste jaar as student ook agter die rug is.
Afstandonderrig. My tril hang nou pap.
***
Toe die kole reg is, gaan sê ek vir Oom Jaap die mense kan maar braai. Hy kak my toe uit en vra vir my of ek dan nie ‘n Boerseun is nie. Ek behoort mos te weet met so baie hout is daar baie vuur om te maak en mens braai eers heelwat later. Ek merk toe ook op dat die whisky in sy bottel heelwat gesak het.
Marinda ignoreer my. Ek gaan sit op ‘n oop stoel langs haar, maar sy kyk nie eers in my rigting nie. Dit is asof ek vir haar nie bestaan nie. Die bier in my sak roep my, al is dit seker nou al louwarm.
Skielik spits ek my ore. Het ek reg gehoor? Marinda het die gesette vrou met die geblomde rok sopas “Ma” genoem. Ek kyk na die vrou. Wraggies, dit is moontlik. Haar hare is grys, maar dieselfde betowerende groen oë as Marinda. Die vrou sien ek kyk vir haar.
“En as jy met ‘n mond vol tande sit?” vra sy vriendelik.
“Nee, Tannie, ek sit sommer en ontspan.”
“Hugo is ‘n student. Hy is seker nie lus vir al die oumense nie,” merk Marinda op. “Dalk het hy ‘n meisie wat iewers vir hom wag sodat hulle kan gaan jol.”
“Nee, ek is single,” sê ek en die kilheid slaan deur in my stem. Ek voel geïrriteerd. As dit haar nou skielik aangaan dat ek dalk ‘n meisie het, hoekom het sy nie dit gevra voordat sy haar boude vir my gewys het en voordat sy my gesoen het nie?
“Wat studeer jy, seun?”
“B.Com, tannie.”
“O,” sê sy net. “Marinda, lief, wil jy nie die slaai uit die yskas gaan haal nie? Ons sal seker nou begin braai.
“Ja, Mammie. Ek sal sommer borde en eetgerei ook gaan kry. Hugo, maak jouself handig en stap saam, seblief?” koer sy onskuldig.
Ek stap saam. Ons stap nie met die plaveisel langs nie, maar vat kortpad in die donker tussen die ander eenhede deur oor die grasperk. Dit is net die buiteligte wat kolle lig op die gras gooi.
Skielik trek sy my aan die hemp in ‘n skaduwee in. “Ek is lus vir jou,” fluister sy en druk haar lippe ten myne.
“Wag nou. Jy ignoreer my dan die hele tyd.”
“Ek kan jou mos nie daar voor die ander mense en voor my ma vry nie?”
“Ja, seker.”
“Maar as dit is wat jy wil hê, as dit jou ding is, kan ons dit doen,” fluister sy en ek voel die hitte van haar lyf deur ons klere.
Sy vat my hand en plaas dit tussen haar bene op haar rok. Ek hou my asem op. “Jy maak my nat,” hyg sy.
“Jy maak my…”
“Styf, ja, ek kan dit voel. Jy maak my nat en ek maak jou styf. Ons kan mekaar geniet, maar as jy nie wil nie, moet jy net sê.”
Ek antwoord haar nie met woorde nie. Ek lig haar rok op en vat vir die eerste keer in my lewe aan ‘n vrou se kaal boude. Dit is ‘n warm aand, maar haar boude voel koel. Ek vryf stadig oor haar boude. Sy kreun saggies. My piel is so styf, ek dink dit gaan my broek skeur.
Ek lig die voorkant van haar rok ook op. My linkerhand is op haar kaal boude en daar gaan ‘n siddering van rou begeerte deur my toe my regterhand aan die hare tussen haar bene raak. Sy skuif haar voete uit mekaar en staan wydsbeen. Ek vat aan die harige, glibberige nat vlees tussen haar bene.
“Kom ons gaan huis toe,” fluister sy hees.
Ons laat gaan mekaar en loop vinnig na haar eenheid toe. Sy sukkel om die voordeur oop te sluit en laat val die sleutels, maar ek tel dit op en dan is die deur oop en ons is binnekant. Sy soen my na die sitkamer toe. Sy gaan op haar knieë voor my en trek die toutjies van my broek los. Met een beweging trek sy my broek en onderbroek saam af tot op my knieë.
Sy vat aan my. ‘n Hand streel oor my. Ek kreun van jagsheid.
Haar nat warm lippe vou oor die kop en sy neem my in haar mond in.
O fok. Nee fok! Nie nou nie. Fokkit tog!
Ek trek my heupe terug en my piel gly met ‘n nat geluid uit haar mond uit. Net betyds. Ek draai my heupe weg en die kom skiet in kloppende strale by my piel uit en my knieë voel lam en my kop draai en dit is een moerse komskoot.
“Ek is jammer. Ek is nog… ek het nog nie…”
“Shh,” maak sy net ‘n geluid en ek bly stil. Sy vat my piel vas en trek stadig my draad, melk die laaste druppel kom uit.
Sy staan op. “Moenie stres nie,” sê sy en soen my. “Skop jou broek en onderbroek uit. Jy weet waar die badkamer is?”
“Ja, die eenhede is dieselfde.”
“Ek gaan kry die slaai en eetgerei en dan gaan braai ons.”
Fok, toe skiet ek sommer net so. Vir wat het ek nie vroeër vandag ‘n dratie gekap nie? Toe skiet ek kom soos ‘n sot. In die badkamer vee ek my tril af. Ek staan nou hier in haar badkamer wat lekker ruik, soos ‘n vrou ruik, en op haar sitkamermat lê my broek en onderbroek en sy is jags en my piel is besig om na die komskoot pap te word.
Dalk moet ek gou my piel en ballas streel en ‘n paar hale draad trek om dit weer styf te kry?
Voetstappe. Sy stap by die badkamer in en maak die toilet oop. Sy lig haar rok op en gaan sit. Ek kyk weg. Ek hoor hoe sy piepie. Afvee. Spoel.
Saam was ons hande. “My ma gaan wonder waar draai ons.”
Ons stap uit. Ek trek my broek en onderbroek aan. Die blertse kom lê slymerig en blink op die mat.
“Die huis het lank gestaan. Die matte word in elke geval volgende week professioneel gewas.”
Ek knik.
Sy gee vir my borde en messe en vurke aan. Twee slaaibakke uit die yskas en ons gaan terug na die swembad toe.
Iemand het ‘n draagbare radio gebring. Boeremusiek. Ek hou van moderne popmusiek, maar nou ja, dit is ‘n klomp oumense hier. Die wysies van Boeremusiek klink vir my almal dieselfde. Ons plaas die slaaibakke en eetgerei op die tafel en sy stap saam met my na die braai toe. Die kole gloei perfek.
“Hoekom ek?”
“Hoekom jy wat?”
“Hoekom is jy, jy weet, lus vir my?”
“Die eerste keer toe jy hier na die swembad toe gekom het, ek weet jy het vir my gekyk. Ek kon in jou oë sien hoe begeer jy my. Dit het iets in my wakker gemaak. Dit laat my goed voel, dat iemand, dat jy, my begeer.”
“Ek sal nie stry nie.”
“Dit sal net seks wees. Niks meer nie.”
Ek knik. “Ja.” Ek bly verder stil.
“Ek is een-en-dertig. As eerstejaar is jy seker negentien of twintig?”
“Negentien.”
“Ek is geskei,” sê sy sag, en ek hoor daar is krake in haar stem.
Ek haal my skouers op. “Baie mense skei.”
“Jy is nog ‘n maagd.” ‘n Stelling.
“Ja. Pla dit jou?”
“Wat? Nee, glad nie, inteendeel, dit maak my druppend nat.”
Ek glimlag vir haar. “Ek het nie ‘n meisie nie.”
“Goed so. Maar as jy wil wag vir iemand spesiaals, sal ek verstaan.”
“Toe ek jou boude gesien het, het ek jou onmiddellik begeer, jags geword.”
“Net my boude?” terg sy my.
“Jou oë ook. Jy het die mooiste, betowerende groen oë.”
“Kom slaap vanaand by my?”
Net so. Haar woorde is soos petrol op die begeerte in my.
“Graag.” My stem is skor.
“Ek gaan nie my voordeur sluit nie. Later vanaand wanneer alles stil is, jy weet waar my slaapkamer is,” sê sy skaars hoorbaar, dan loop sy na die afdak toe.
Fok. Fok! Ek het nie kondome nie.
***
Ek het na die vulstasie op die hoek toe gehardloop, kondome gekoop, en weer terug gehardloop. My asem jaag nog. Ek gaan nie nou na haar toe nie.
In die badkamer trek ek vinning uit en draai die stort se krane oop. Tandeborsel, tandepasta en ek borsel my tande in die stort terwyl die warm water oor my naakte lyf stroom. Hare was.
Piel was. Ballas was. Voorvel en pielkop ordentlik was. Boude. Onder my arms. Ek skrop my hele lyf. Ek klim uit, droog af en kam my hare.
‘n Skoon hemp, broek en onderbroek. Ek het net verslete plakkies en ek gaan nie nou skoene aantrek nie.
Die lug is bedompig en ek dink dit gaan nou enige oomblik reën. Na die warm stort kry ek eers warm. In die kamer gaan staan ek voor die waaier, spuit dan reukweerder onder my arms, trek die kam weer deur my hare en verlaat die huis.
Die wind het opgesteek buitekant. Koel. Ek staan in die voortuin in die donker. Weerlig in die verte. Die gerammel van donderweer.
Ek haal diep asem. In en uit. In en uit, en ek talm nie langer nie.
Ek maak haar voordeur oop. Die skarniere kraak. Binnekant is die ligte aan. Helder. Ek knip my oë.
“Marinda!” roep ek.
“In die kamer!” antwoord sy dadelik.
Ek skop my plakkies uit en loop kaalvoet na die hoofslaapkamer toe. Die kamerdeur is oop.
‘n Bedlampie is aan. Ek sluk. Sy lê kaal op die bed. Haar voete is gekruis. ‘n Driehoek donker krullerige skaamhare. Haar arms is langs haar sye. Groot, kaal borste met donkerpienk tepels. ‘n Beeldskone kaal vrou.
“As jy saam met my op die bed wil klim moet jy kaal wees,” sê sy.
Sy kyk vir my. Ek trek my hemp uit.
“Jy kan jou klere op die spieëlkas sit.”
Sy kyk vir my terwyl ek my broek en onderbroek uittrek. My piel is reeds hard en staan parmantig regop. Die voorvel is terug en die pers kop is ontbloot.
Ek klim op die bed en lê langs haar op my sy. Sy draai na my toe. Sy skuif nader, en sit haar een been oor myne. My piel druk teen haar onderlyf en haar kaal borste teen my bolyf.
“Ek het kondome gaan koop.”
Sy streel oor my wang en soen my dan sagkens. “Die laaste ding wat ek wil word, is swanger. Ek het voorsorg getref, maar as jy wil, kan jy nog steeds ‘n kondoom aansit.”
Ons soen. Ek maak my mond effens oop en haar tong gly glad in my mond in. Ek streel oor haar rug, volg die kurwe van haar heup en dan gly my vingers oor haar kaal boude. My vingerpunte volg die intieme kontoer van haar boudgleuf, maar ek raak nie aan haar anus nie. Nie nou al nie. Ek wil graag. Ek wil haar hele lyf met my oë en hande verken, maar nie nou al haar anus nie.
Sy hou egter nie terug nie. Sy vat my boude hardhandig vas, lekker vas, lusmakend vas en ek voel hoe raak haar vingerpunt aan my hol. Ek gee nie om nie. My hele lyf is haar lyf.
“Ek wil kyk,” dink ek maar die woorde rol by my mond uit. Ons deel ‘n asem.
Sy laat gaan my en draai op haar rug. Haar hande is tussen haar bene.
Ek kyk.
Sy trek haar skaamlippe oop. Ek knip nie my oë nie. Ek kyk na die blinknat pienk binnevoue tussen haar bene. Haar klitoris. Die opening van haar vagina. Die harige buitelippe en die velletjies van die binnelippe. Haar holletjie wat gekreukeld wegkruip en styf toegetrek is.
Ek klim op haar, en rus met my onderlyf tussen haar bene. Ek soen haar tepels om die beurt.
“Toe ek jou voordeur gehoor het, het ek myself met vinger begin opwerk. Dit is jou eerste keer. Ek wil bittergraag ‘n orgasme kry met jou diep binne in my.”
“Wil jy nog vinger?” vra ek onseker.
“Steek my net. Naai my!” snik sy en dan reik sy tussen haar bene. Ek lig my heupe op en sy plaas my piel by die nat ingang na haar vagina.
Sy sit haar hande op my heupe. Haar vingers gryp my boude vas. Sy trek my nader. Ek kreun hard en my piel penetreer haar. Diep. Haar sagte, intieme binnewande ontvang my. Effens uit en dan weer in.
Sy hyg. Ek voel effens lomp, maar dan neem die begeerte oor en snikkend naai ek haar. Dit is duidende maal beter as wat ek ooit kon droom het dit sal wees.
Kort, skril gilletjies stroom by haar mond uit.
“Fok, ek kom, fok ek kom,” hyg sy en dan kom ek ook. Ek wil langer genaai het, maar ek kan nie hou nie. Ek stamp in haar in, ‘n harde gil uit haar weerklink en dan klop my piel diep binne haar. Ek skiet my semen in haar poesie in.
Haar hande druk hard op my boude. Ek voel, ek beleef, die sametrekkings van haar poesie. Haar asemhaling is kort en vinnig.
Ek kyk vir haar. Haar oë is toe en haar gesig is vertrek in ekstase. Haar lyf wriemel nog onder my.
Daar is ‘n rooi blos op haar wange. Ek kreun nog en voel hoe die laaste skoot uit my uitskiet. Ek beweeg stadig en baie diep in haar, voel hoe my pielkop die nek van haar baarmoeder tref.
Sy maak haar oë oop. Hulle lyk dromerig, en tranerig. Die rooi gloed sprei oor haar hele gesig.
Sy soen my. Haar lippe is sag. My asem jaag nog. Ek ruik semen gemeng met haar intieme natheid.
Ek lê op haar met my piel nog in haar vagina.
Stadigaan, raak my piel sagter. Ek lig my heupe en my piel gly uit haar uit. Ek rol van haar af. Sy maak haar bene toe en draai op haar sy.
“Bly vanaand hier in my bed. Toe?” sê sy sag. Sy streel oor my maag en trek dan haar naels ligweg oor die lengte van my piel.
“Natuurlik,” sê ek.
Sy skuif gemakliker op die bed en rus met haar kop op my skouer. Sy buig haar knieë. Ek hoor ‘n dowwe nat geluid tussen haar bene.
“Koffie?” vra sy na ‘n ruk.
“Dit sal lekker wees. Ek stap saam.”
Sy staan op. Ek kyk sonder skaamte na haar naakte skoonheid in die lig van die bedlampie.
Sy giggel. “Die skoot loop uit my teen my bene af.”
Ek stap na die spieëlkas toe om my broek te kry.
“Nee,” keer sy. “Wanneer jy hier by my is, is ons kaal.”
Ek gaan saam met haar badkamer toe. Sy sit op die toilet en vee af tussen haar bene. Piepie.
Ek piepie ook, spoel, en dan was ons weer ons hande saam.
In die kombuis vul sy die ketel en staan kaal onder die helder kombuislig.
Sy kyk vir my tussen my bene. Ek kyk vir haar mooi kaal borste en dan ook tussen haar bene.
Sy haal diep asem. “Net seks. Jy raak nie verlief op my nie. Goed so?”
Ek knik. “Net seks.”