Eerste keer langs die rivier

Die voetpaadjie is plek-plek toegegroei, maar ek ken die pad rivier toe. Oupa se plaas. Ek spandeer die laaste week van my vryheid op die plaas en presies oor sewe dae gaan Oupa my na die bushalte toe vat sodat ek my diensplig kan begin. Januarie 1984. Dit is skaars agtuur in die oggend, maar die son bak alreeds die aarde warm in Transvaal langs die Vaalrivier. Oupa en Ouma is dorp toe. By die draai in die rivier is daar ‘n kalm kuil waar mens lekker kan swem. Daar is ook ‘n kol sagte groen gras en een of ander tyd lank terug het Oupa ‘n braaier van bakstene en beton daar gebou. Dit is ook ‘n lekker plek om vis te vang, maar vanoggend gaan ek net swem.

Ek wonder nog steeds of dit die regte besluit is om my diensplig agter die rug te kry voordat ek gaan studeer. Pa sê as ek eers gaan studeer en dan my diensplig doen, behoort ek ‘n offisier te word. Ek gee nie om of ek ‘n offisier word of dalk ‘n onderoffisier of net ‘n troep bly nie. Ek wil die diensplig net agter die rug kry, maar aan die anderkant kan die lewe dalk makliker wees as ek ‘n offisier is vir die laaste paar maande van die tweejaar diensplig.

Nee wat, ek wil die spul agter die rug kry.

Ek skop my plakkies uit en trek my hemp oor my kop en laat val dit in ‘n bondel op die gras. Ek wil net in die water spring toe ek ‘n stem agter my hoor.

“Hallo! Goeiemore!” roep iemand, ‘n vrou, en ek kyk vinnig om. Dit is Heila Vermooten, ons buurvrou op die dorp. Wat sal sy nou hier doen? Sy kom deur die gras aangestap. Sy het ‘n lang wit rok aan, ‘n wye strooihoed op haar kop en in haar hand dra sy ‘n pienk sak.

“Goeiemore, tannie,” groet ek en kyk vraend na haar. Haar lang donker hare met die strepies grys blink in die oggendson.

“Tannie? Ag nee wat, jy is mos klaar met die skool en ek hoor oor ‘n week is jy ‘n soldaat. Jy kan my maar Heila noem, hoor!” koer sy en sit die pienk sak op die gras neer, langs my plakkies en hemp. “Ek wou ‘n bietjie wegkom en jou Ouma het lankal gesê ek kan enige tyd hier na die rivier toe kom. Dit is rustig hier, weet jy?” babbel sy voort. “Toe ek nog in die skool was, het ek en jou ma en ‘n klomp vriende gereeld hier kom swem oor naweke.”

“Ja, dis lekker hier. Visvang ook,” sê ek. Sover ek weet, is Heila ‘n oujongnooi. Sy is ‘n mooi vrou. Dalk het sy net nooit die regte man ontmoet nie. Sy werk as ‘n ontvangsdame by ‘n tandarts se spreekkamers.

“Gaan jy nie swem nie?” vra sy en dan trek sy haar rok uit oor haar kop. My ore voel skielik warm. Heila staan daar geklee net in ‘n geel bikini. Ek het haar nog nooit so gesien nie. Groot borste en wye heupe. Haar vel is melkwit, in kontras met haar lang donker hare. Haar broekie bedek haar ook maar net-net tussen haar bene.

“Ja, swem,” mompel ek en draai om en loop vinnig in die water in. Wanneer die water teen my bobene spat duik en vorentoe en swem verder weg van die wal af. Ek is sommer simpel. Vir wat dink ek nou die vrou daar op die gras in die geel bikini, wat so oud soos my ma is, is sexy? Ek is omtrent in die middel van die kuil. Ek hoor hoe die water spat agter my. Ek trap water. Sy swem na my toe.

“Jy is ‘n goeie swemmer,” sê sy en vee haar hare met ‘n hand uit haar gesig, na agter. “Aantreklike man,” en dan swem sy verder na die eilandjie toe.

Wat?

Ek kyk na die bewegings van haar lyf, haar boude veral, soos wat sy wegswem. Twee bleekwit, nat, ontblote boude. Daar gaan net ‘n dun geel stringetjie tussen haar boude deur.

Aantreklike man? Dink sy regtig so? Dit is seker maar net ‘n goedbedoelde kompliment. Ek is agtien jaar oud. In Maart volgende jaar is ek negentien. Heila is veertig, soos Ma.

Ek moet seker maar gaan. Die ronde sementdam is amper vol en ek moet die windpomp gaan vasdraai. Sy bereik die vlakwater naby aan die eilandjie en staan regop. Die water stroom teen haar lyf af. Sy het waarlik mooi boude. Twee wit bakens wat my oë vasvang. Die oggend is nog windstil. Die windpomp sal die draai nie.

Ek swem ook na die eilandjie toe en dan staan ek op die droë grond met my voete vol modder. Vir wat het ek nou hiernatoe geswem? Sy sit op ‘n boomstomp voor my met haar bene effens oop.

“Die water is lekker, ne? Kom sit hier langs my,” roep sy en tik met haar hand op die boomstomp langs haar.

Ek gaan sit langs haar en loer net vinnig na haar toe. Daar is hoendervleis op haar ontblote vel en haar tepels maak twee duidelike punte in haar eina-klein bostuk.

“Weet jy al na watter eenheid toe gaan jy?” vra sy.

“Die oproepinstruksie sê net ek moet volgende week Dinsdag om seweuur die oggend by die parkeerterrein oorkant die Poskantoor wees, en dat ons dan na Potchefstroom toe gaan.”

“Lekker, so drie ure se ry van hier af.”

“Ja, maar ek weet nie of ons na ‘n eenheid in Potchefstroom toe gaan of van daar af na ‘n ander plek toe nie.”

“Jy het seker ‘n meisie wat jou gaan afsien?”

“Nee,” sê ek. “Ek het vir ‘n rukkie met Sonja uitgegaan, maar sy is Kaapstad toe.”

“Vir die vakansie?”

“Nee, permanent, haar ouers het ‘n restaurant daar oopgemaak.”

“Is dit so?” sê sy en skuif nader na my toe. Haar bobeen raak aan myne. Ek voel die hitte van haar teen my.

“Het jy al kaal geswem?” vra sy.

Ek is nie seker ek het reg gehoor nie. “Huh?”

“Ag, ek is sommer laf,” sê sy vinnig en staan op. Sy loop na die water toe. Ek bly sit. Ek is ‘n man en ‘n man is nie ‘n klip nie. Ek het haar nooit vantevore in ‘n bikini gesien nie. Sy het ‘n sexy lyf. Sy kyk oor haar skouer. “Ek het ‘n piekniekmandjie gepak,” sê sy en loop in die water in. Vir wat kom swem sy hier met haar boude so ontbloot? Ek kla nie, maar dit doen dinge aan my en sy is meer as twee dekades ouer as ek.

Ek bly sit totdat sy op die kol gras staan en dan swem ek ook terug. As dit nie vir die koel water was nie, sou daar sekerlik ‘n bult in my kortbroek gewees het.

Sy sit op ‘n rooi handdoek op die gras, haar bene uitgestrek voor haar. Die pienk sak is langs haar. “Dit lyk nie of jy ‘n handdoek gebring het nie. Kom sit langs my,” bied sy aan.

Ek gaan sit. Daar is nie baie plek op haar handdoek nie. “Ons is albei grootmense hier,” merk sy op en sonder om te blik of te bloos vroetel sy met haar bostuk se stringetjies agter haar rug en haal dit af. Ek hou op asemhaal. Twee groot mooi kaal borste. Donkerpienk tepels. Fyn lyntjies op haar ontblote vel. Sy knipoog vir my. Ek trek my oë met moeite weg en kyk uit oor die water. “Ek sal bieg ek hou daarvan om kaal in die natuur te wees. Jy gee nie om nie, of pla dit jou?”

“Nee, nee glad nie,” stamel ek.

“Die son is skerp vanoggend. Gee asseblief my hoed aan,” sê sy en dan draai sy haar lyf, skuif weg, en lê uitgestrek met haar haar kop op my bobene.

Ek gee haar hoed vir haar aan en sy plaas dit oor haar gesig.

Ek weet ek moet eerder nie, maar ek kyk vir haar kaal borste. Ek kyk en kyk. Ek word vinnig styf. Haar kop is baie naby aan my manlikheid. Gelukkig bedek die hoed haar gesig.

Ek is ongemaklik styf. Die punt druk seer teen die bokant van my kortbroek. Ek probeer om net effens te skuif.

“Is jy ongemaklik?” vra sy en haal die hoed af. Sy draai haar kop na my toe en kyk reguit in die tent in my broek vas. Haar oë rek wyd. “Dalk moet jy eerder jou broek uittrek,” sê sy en haar stem klink sensueel hees.

Sy rus weer met haar kop op my bene en lig haar heupe op. Sy trek haar bikinibroekie af tot op haar bobene, sit dan regop en trek dit heeltemal uit.

Ek dink my hardheid gaan deur my broek bars. Sy lê weer terug en rus met haar kop op my. Sy is heeltemal kaal. Die hoed lê langs haar op die gras. Sy maak haar oë toe. Haar skaamspleet is sigbaar tussen die welige bos donker krulhare tussen haar bene.

Ek kan nie meer regop sit nie. Ek gaan lê met my rug op die gras. Enkele wolkies dryf lui teen die helderblou lig.

Sy vroetel by die tou van my kortbroek. “Kan ek jou maar help?” fluister sy.

“Ja,” sê ek skaars hoorbaar en knik.

Sy maak die tou los. “Lig op jou heupe,” sê sy en sy trek my broek af. Skielik is my styfheid vry. Ek voel die koel lug op my warm onderlyf. Sy trek my broek af tot by my enkels en dan is my broek uit en sy gooi dit eenkant toe.

“Jy is groot,” sê sy.

Ek lig my kop en kyk vir haar. Haar donker oë glinster stout. My piel is reg by haar gesig. Ek voel haar warm asem op die ontblote pers kop.

Sy steek haar tong uit. Ek snak na my asem toe sy oor die punt lek. Glad en warm en so lekker dat my tone krul.

Daar ruk ‘n bewing deur my lyf. Sy streel ligweg oor my ballas en dan vou haar lippe om die punt en sy neem my in haar mond in. Sy beweeg haar kop stadig. Eers is haar lippe en tong net om en oor die punt en dan neem sy my heeltemal in haar mond in en die punt stamp agter teen haar keel.

Ek snik. “W… wag,” hyg ek. “Ek gaan kom.”

My piel gly met ‘n nat geluid uit haar mond uit. “Kom vir my,” sê sy en die jagsheid slaan rou deur in haar stem.

Haar vingers vou om die skag en dan ruk sy haar hand vinning. My vingers trek my hande in vuiste in langs my sye en ek klem my kake en my tone krul. ‘n Harde kreun skeur uit my en dan klop ek kragtig en ritmies. Ek voel hoe land die kom in spatsels laag op my maag. Sy hyg hard en haar hand beweeg glad, gesmeer met die draderige semen, en sy melk my heeltemal leeg.

Sy kom sit op my. Sy klim wydsbeen op my en skuur haar harige vroulikheid oor my kombesmeerde skag wat besig is om sag te word, maar met haar groot kaal borste reg in my gesig en sy wat oor my skuur en my hande wat oor haar kaal boude vryf, weet ek sommer dat ek gou weer stokstyf gaan wees.

Haar lippe is op myne. Haar tongpunt sleep nat oor my lippe en dan omhels ons tonge om die beurt in mekaar se monde. Sy byt my vinnig aan die onderlip en die vuur in my onderlyf vat weer vlam. Dit is net ons. Al die ander goed soos die diensplig vervaag en verdwyn. Haar asem is hygend vinnig en ek voel die drange aan haar tong en lippe.

Sy suig een my tong en gooi dan haar kop agteroor. Haar naakte borste wieg voor my soos wat sy haar onderlyf oor my styfheid beweeg. My hande bewe oor haar borste, haar tepels trek sensitiewe strepies oor my handpalms.

Ek voel hoe haak die punt vas by haar nat ingang en dan sak sy haar heupe en ek sink diep weg in haar gladde maar snoesige intieme vlees in. Ek trek my tong oor ‘n tepel se punt en snak na my asem. Die wonderlike gevoel van my skag diep in haar oorweldig my.

Sy wikkel haar heupe vinniger en vinniger. Haar asemhaling is hortend, onreëlmatig en sy sak af oor my sodat ek baie diep in haar beweeg.

Haar gesig vertrek in ekstase. Dit klink amper asof sy snikkend huil. Dit is baie natter daar onder. Ek hoor die nat geluide soos wat ek in haar beweeg.

Sy hyg hard. My hande trek oor haar rug en gryp haar boude krampagtig vas. Sy snik weer en weer en weer.

“Ah, aaaah, aaaaaah,” hyg sy en dan sit sy stil op my. Ek voel die krampagtige sametrekkings van haar om my skag en ek kan nie meer hou nie. Ek klop in haar. Ek hou haar boude vas en klop in haar en sy snik nog ‘n paar kere en rus dan met haar bolyf op myne.

My gesig voel warm, maar daar is nou ‘n ligte wind wat waai. Haar kaal lyf is teen myne en ek voel die beweging van haar bolyf soos wat sy asemhaal.

Haar lang hare hang deurmekaar oor my nek en gesig. Sy soen my sag en teer en dan staan sy op. Ek voel hoe loop die semen uit haar en val in druppels op my onderlyf en bobene.

Ek sit regop. Ek kyk vir haar tussen haar bene. Sy is besmeer daar met kom.

“Dankie,” fluister sy. “Dit was lekker. Dit was hemels.”

Sy loop in die water in en gebruik haar hand om haarself tussen haar bene af te spoel. My piel lê taai eenkant toe. Ek staan op en vat aan myself. Ek ruik aan my hand. Ek ruik die kom gemeng met haar vroulikheid. Sy swem deur die water en ek hardloop in die water in en swem agter haar aan.

Ek het al voorheen kaal geswem, maar nou voel dit vry en ek hou daarvan hoe die water sonder belemmering oor my vel vloei.

Sy klim uit en gaan sit op die handdoek. Ek klim ook uit en loop na haar toe. Ek sien sy loer vir my piel wat tussen my bene swaai.

“Ek weet nie van jou nie, maar ek is nou honger,” sê sy en trek die pienk sak nader. “Ek sal weet wanneer jy pas kry. Ek sal dan weer hier wees. Jy kan my hier kom kry, as jy wil,” sê sy.

Ek knik en glimlag. “Ek sal,” sê ek, maar ek weet nie of ek regtig sal nie. Die toekoms is onseker.

“Bier?” vra sy en hou ‘n blikkie na my toe uit.

“As jy ook een sal drink,” sê ek.

Sy lag. “Ek drink nie bier nie. Ek het witwyn ook gebring en sal ‘n glasie drink.”

Ek glimlag net en kyk vir haar kaal vroulike lyf. So, sy drink nie bier nie. Dit lyk vir my sy het lankal beplan om my hier te kry. Ek trek die ringetjie en die blikkie maak sissend oop. Ek vat ‘n groot sluk.

Ek dink sy het hiernatoe gekom om my te gebruik. Dit is lekker. Ek hou daarvan. Sy kan my gebruik soveel as wat sy wil.